Agt jaar gelede het my kortverhaal, Tjomma, in Vrouekeur verskyn. Dit was my eerste gepubliseerde kortverhaal en ‘n groot mylpaal in my lewe. Ek deel graag vandag die verhaal met julle. Lekker lees! Tjomma Die twee ou lywe sukkel met hulle trollie verby ongeduldige jongmense en is net mooi goed op pad na hulle motorLees meer “Tjomma”
Author Archives: Madeleine Venter
Eenvoudig
Dis eenvoudig. Daar hoef nie lang stukke daaroor geskryf te word nie. Dis nie moeilik om te verstaan nie. Dit is doodeenvoudig net woorde wat gelees moet word en dan moet wortelskiet in jou hart. En as dit nodig is om dit weer en weer en weer te lees omdat die saadjie op harde grondLees meer “Eenvoudig”
Om te dink
“Gee my tyd om daaroor te dink” Ja, dit is moontlik om vinnig op jou voete te dink en te reageer. Dit is egter daardie tipe dink wat tyd nodig het waaroor ek vandag wonder. Daardie diep-en-lank-tipe-dink. En ek wonder… wanneer laas het ek tyd gemaak daarvoor? In my jonger dae kon ek vir ureLees meer “Om te dink”
En ons wag…
En so wag ek al weer. Nog steeds. Dit voel soms vir my asof ek my lewe om wag. Ek het iewers gelees dat matrose briewe onder ʼn klip ‘gepos’ het voor Jan van Riebeeck se tyd. Die skepe wat dan op hulle roete na en van Indië af hier stop, sou die briewe vatLees meer “En ons wag…”
Jou lewe is ‘n droom
Het jy al ooit daaraan gedink dat jy besig is om iemand se droom te leef? Selfs al voel jou lewe nie soos ʼn droom nie, vir iemand anders sou jou lewe die wonderwerk gewees het waarvoor hulle bid. Dit klink nou alles baie soetsappig en nogal bietjie soos ʼn cliché, ek weet. Maar ditLees meer “Jou lewe is ‘n droom”
Plant daardie saadjie
So ‘n paar jaar gelede word ek en my man albei ernstig siek – voedselvergifting. Ek was gedehidreer en moes dringend by ‘n hospitaal uitkom. Omdat my man self ook siek was, het my broer ons hospitaal toe gery. Op pad sê hy: “Madeleine, ek weet dit voel vir jou asof jy gaan doodgaan, maarLees meer “Plant daardie saadjie”
Voorsmakie
Ek weet dit klink soos ʼn cliché, maar sonder dat ek dit so beplan, word elke gedig ʼn getuienis van God in my lewe. Hy is my God en ek behoort aan Hom. Daarom kan dit nie anders nie. Soos wat ek in my vorige plasing aangekondig het, is ek nou druk besig met gedigteLees meer “Voorsmakie”
Digter-drome
“Skryf jy ook gedigte?” is ek op ʼn keer al gevra. En my antwoord: “Nie juis nie.” Die waarheid is, ek is bang vir gedigte. Daar, dis uit, ek het dit bely! Waarom is ek bang vir gedigte? Wel, ek dink my rede is geldig. Gedigte stel jou genadeloos bloot. Jy spoeg jou siel uitLees meer “Digter-drome”
Ek is nie bang nie
“Daar sit baie meer agter hierdie storie as wat ons dink.” Ja, dit is dalk so. Daar sit miskien meer agter hierdie storie as wat ons ooit sal kan raai. Of, miskien is dit maar net nog ʼn vervalle-wêreld storie. Wie weet? Wat ook al die geval mag wees, ek is nie bang nie. WantLees meer “Ek is nie bang nie”
My kortverhaal in Huisgenoot!
Jare gelede, in 2014 om presies te wees, is ‘n kortverhaal van my vir die eerste keer in ‘n tydskrif gepubliseer. My hart het sommer baie warm geklop toe ek my storie “Tjomma” tussen die blaaie van die Vrouekeur sien. Laat ek net verduidelik waarom ek rede gehad het om die gebeurtenis te vier: DitLees meer “My kortverhaal in Huisgenoot!”