Ek weet dit klink soos ʼn cliché, maar sonder dat ek dit so beplan, word elke gedig ʼn getuienis van God in my lewe. Hy is my God en ek behoort aan Hom. Daarom kan dit nie anders nie.
Soos wat ek in my vorige plasing aangekondig het, is ek nou druk besig met gedigte skryf vir die beloofde digbundel.
Hier is so ʼn voorsmakie van wat sover al in die digbundel gaan verskyn:
roes alleen in jou probeer verstaan gee jou glimlag sluk jou traan veg vir nog ʼn weer probeer rek jou hartspier om die seer hoop op daardie nuwe kans loop die stofpad soos ʼn dans bid die roes uit jou gestel sit die las neer en vertel saam sit Iemand wat verstaan dra jou pyn en tel jou traan © Madeleine Venter 2021 Storm Weer ʼn storm nog ʼn keer groter branders dieper seer. Donker tree aan winde skree dieptes sak weg in die see van die mensdom met die stank wat uit hulle harte rank. Dan hoor ek ʼn stem so stil harder as die hele spul: Bedaar Golwe val plat donker vlug ranke verdor winde sug. Die Een wat in my, om my praat het die storm stil kom maak. © Madeleine Venter 2021
bloeisels in die grond gelê en vrot op die roepstem draai my lot baklei teen slik en modder tot ranke uitsprei en ek bot bloeisels vrugte vir my God © Madeleine Venter 2021
Verskroeide aarde Onder dooie, grys as van iets wat was besluip lewe jou nood ʼn oorwinning oor dood in nuwe-groen kleur die wonder gebeur staan op uit die roet die dag tegemoet. © Madeleine Venter