Sy Woord kon mens word en onder ons kom woon – dieselfde Woord wat in die begin daar was. By God. Self God. Waardeur alles tot stand gekom het. Die lewe. Die Lig. Daardie Woord. Niks is vir God onmoontlik nie. God kon Homself offer vir sy skepping – die volmag om sy lewe neerLees meer “Niks”
Author Archives: Madeleine Venter
Die mal plan
Een van my kortverhale wat opgeneem is in INK se bloemlesing.
Drie gedigte
Hier kan jy my drie gedigte, wat in INK se bloemlesing opgeneem is hierdie jaar, lees …
Jy en jou boksie
Ons sien elkeen net ’n gedeelte, maar dink ons het alles gesien. Dan stry ons met mense wat ’n ander gedeelte gesien het. Intussen is nie een van ons verkeerd nie, maar nie een van ons is ook heeltemal reg nie.
Ek en Jesus is BFF’s
Dit gebeur mos partykeer so dat ’n versie wat jy al ’n duisend keer gelees of gehoor het, sommer net eendag skielik jou dink aan die gang sit. So was dit die naweek met my en Johannes 15:15 ‘Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie.Lees meer “Ek en Jesus is BFF’s”
Doelbewuste meesterstuk
Dis besig om uit te werk. Daardie plan van God wat Hy vir jou lewe het. Daardie plan waarvan Hy praat in Jeremia 29:11. Eintlik was dit nog altyd besig om uit te werk. Selfs daardie kere wat dit nie vir jou so gevoel het nie. Want, Hy het ’n doel met jou en HyLees meer “Doelbewuste meesterstuk”
Dis die minste
Job wou antwoorde hê. Hy wou weet waarom hy so swaar moes kry terwyl hy nog altyd net goed en reg voor God gelewe het. Sy drie vriende het beweer dat God besig was om hom te straf, maar Job het vol gehou dat hy sonder sonde was en nie verdien het om gestraf teLees meer “Dis die minste”
My skryfstorie
Vandat ek kan onthou is boeke en stories so deel van my soos die geboortevlekkie op my regterknie. Ek was van jongs af ’n ywerige leser en het, as die oudste van vier, my jonger sibbe vermaak met stories wat ek of vertel of uitgespeel het. Wanneer ons by my ouma-hulle op Middelburg gaan kuierLees meer “My skryfstorie”
Hartstaal
Vandag, 21 Februarie, is Internasionale Moedertaaldag. Hier is twee van my hartstaal gedigte. Die eerste gedig is verlede jaar opgeneem in Ink, Skryf in Afrikaans se bloemlesing, Inspraak 2. Mag jou hart steeds warm klop vir jou moedertaal. My hart klop in Afrikaans Van afkoms en tuiskoms, oor grense, het jy die woorde gaan haalLees meer “Hartstaal”
Toeskouers
Hierdie verhaal is verlede jaar gekies vir publikasie in Kreatio se kortverhaalbundel, Komieklike Kortverhale. Lekker lees 🙂 Toeskouers Milo hardloop oor die strand in die rigting van ʼn vinnig groeiende groepie mense langs die getypoel. Met my strooihoed in die een hand en my plakkies in die ander, hardloop ek benoud agterna. Wie weet waaromLees meer “Toeskouers”