Rooi katjiepiering

Rooi katjiepiering, Huisgenoot, 17 Januarie 2025 Beursies en oorringe en gebreekte plakkies het Daniel al by die dosyne teëgekom. Maar in die vier en dertig jaar wat hy nou al hier bly, het hy nog nooit so iets raakgehark nie. Hy krap die boek tussen die blare uit. “Nou toe nou,” mompel hy. Hy bestudeerLees meer “Rooi katjiepiering”

Sommerso

Sommerso, Huisgenoot, 7 Januarie 2022 Die hond hardloop sommerso by die oop skuifdeur in en gaan sit met ʼn glimlag voor Riëtte waar sy lui-lui op die bank lê en lees. “Hallo?” groet sy onseker. “Waar kom jy nou vandaan?” Dit lyk soos ʼn baster van baie basters. ʼn Reuse hond. As dit nie virLees meer “Sommerso”

Tweede kanse

My eerste kortverhaal wat in Huisgenoot opgeneem is, het in die 4 Junie 2021 uitgawe verskyn. Tweede kanse As ʼn grondpad net so doodloop beteken dit net een ding – niemand ry hom meer nie. Twee dae se reis van onder in die Kaap tot bo in die Vrystaat was dus verniet.Haar vingers soek ingedagteLees meer “Tweede kanse”

Stories vir die siel

Boeke was so deel van ons  grootwordjare soos die ou wilgerboom in die hoek van ons tuin, en die stories in my kop was maar nog altyd net daar. Ek het vir myself stories vertel voordat ek aan die slaap raak, of op die langpad af see toe. My jonger sibbe moes maar luister wanneerLees meer “Stories vir die siel”

Hy wil jou raad gee

Het jy ook al gewens die Here wil in sekere situasies net ’n bietjie by jou kom sit en vir jou vertel wat om te doen? ’n Gedeelte in die Bybel wat my nog altyd fassineer, is ’n paar verse in Jesaja waarin dit voorkom asof die Here self die mense van ouds geleer hetLees meer “Hy wil jou raad gee”

Wie nie waag nie

Ek het derdeplek behaal in twee van die skryfkompetisies waarvoor ek verlede jaar ingeskryf het: RSG se Radiodrama-skryfkompetisie, met my drama Taaispul, en LitNet se wetenskapfiksiekompetisie, met my kortverhaal Die laaste diamant. Derdeplek is seker nou nie juis iets om oor huis toe te skryf nie, maar vir my persoonlik is dit ’n groot gebeurtenisLees meer “Wie nie waag nie”

Dankie daarvoor

Liewe Pa Jy het eenkeer vir my vertel hoe jy, die dag toe ek gebore is, jouself moes inhou om nie by die venster uit te skree vir almal om te hoor: “Ek het ’n dogtertjie!” nie. Weet jy hoe baie daardie woorde vir my beteken het? Om te weet pa was bly en opgewondeLees meer “Dankie daarvoor”

Moenie net sink nie

Dis makliker om op te gee. Gaan lê is minder moeite as bly staan. Om verbitterd te wees kom meer natuurlik as om te vergewe. Hoe sterker die maalkolk is, hoe minder krag het jy om te bly spartel. Te bly staan. Te vergewe. En dan gee jy op. Ek glo persoonlik dat dit eenLees meer “Moenie net sink nie”

Hierdie tempel

Hierdie is een van daardie gedeeltes in die Bybel wat ’n mens so baie hoor, dat jy dit eintlik nie meer hoor nie.