Net soos jy, bevind ten minste ʼn derde van die wêreld se populasie hulle tans in die een of ander staat van inperking. Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar… so ʼn staat van inperking is ʼn ernstige uitdaging vir die meeste van ons. Dit mag dalk vir jou voel soos die einde vanLees meer “Wees produktief”
Author Archives: Madeleine Venter
‘n Plan van aksie
Aan die begin van Januarie het ek die Here gevra om aan my ʼn teksvers vir die nuwe jaar te gee. Die Here het Jeremia 29:11 ‘n paar keer oor my pad gestuur. Dit is ʼn versie waarmee ons almal wel bekend is en al so baie gehoor het dat ons nie juisLees meer “‘n Plan van aksie”
10 Redes waarom ek, as Christen, waardevol is
Ek is waardevol, want Jesus het my gekoop met Sy bloed Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.– 1 Pet. 1:18-19 Ek is waardevol,Lees meer “10 Redes waarom ek, as Christen, waardevol is”
Bangmaakwoorde
Mat. 7:21-23 is ʼn gedeelte in die Bybel wat baie Christene ongemaklik laat voel. Hoe is dit dan nou dat nie almal wat in Jesus se Naam profeteer, duiwels uitdryf en wonders doen eendag in die koninkryk van die hemel gaan kom nie? Veral vers 23 maak ʼn mens bekommerd: “Dan gaan ek openlik virLees meer “Bangmaakwoorde”
Kies liefde
As Christene weet ons hoe belangrik dit is om te vergewe. Ons weet dat Jesus gelykenisse en vermanings gebruik het om die belangrikheid van vergifnis te beklemtoon (Mark. 11:25, Mat. 18:21-35, Joh. 20:23). Daar is ook nagevorsde bewyse wat daarop dui dat onvergewensgesindheid ernstige sielkundige afwykings en selfs sommige siektes kan veroorsaak. Om hierdie rede isLees meer “Kies liefde”
Hou kop bo water
Christene word nie vrygespreek van probleme nie. Net soos elke ander mens op Aarde bevind ons onsself soms in lewensstorms. Probleme, rampe en siektes is alles die gevolg van die sondeval. Ons lees in die Bybel dat die duiwel die heerser oor die wêreld is. Hy is die vader van leuens en hy is daaropLees meer “Hou kop bo water”
Lewenswater
Lees ʼn bietjie die volgende twee versies met aandag en let op die duidelike verband tussen hulle. In die eerste, uit die Ou Testament, word van God gepraat en in die tweede, uit die Nuwe Testament, word verwys na Jesus: “U is die bron van die lewe, deur U lig lewe ons.” Ps. 36:9-10 “InLees meer “Lewenswater”
Doen jou deel
In my vorige plasing, Bondgenoot van die Almagtige, het ek vertel hoe God sy deel van die Nuwe Verbond nakom. Nou is dit tyd om te kyk wat ons moet doen om ons deel van die verbond na te kom. Aangesien baie van my vorige plasings verband hou met die punte wat ek uitlig, hetLees meer “Doen jou deel”
Bondgenoot van die Almagtige
Lees asseblief die Bybelverse in hakkies deur met jou muis daaroor te sweef, (as jy op ʼn foon of tablet lees, tik jy op die vers om dit oop te maak en dan net weer elders op die bladsy om dit toe te maak.). God se Woord is my maatstaf. As ek nie ʼn stellingLees meer “Bondgenoot van die Almagtige”
Nuwe mens… meesterstuk!
Jy, liewe Christen, is weer gebore en nuut oor geskape. Daardie dag toe jy gesê het: “Ja, ek glo Jesus Christus is die Seun van God wat die prys vir my sondes betaal het en ek aanvaar Hom as my Verlosser en Here,” daardie dag het die Vader ʼn nuwe mens gemaak. Gebore uit onverganklikeLees meer “Nuwe mens… meesterstuk!”