Boeke was so deel van ons grootwordjare soos die ou wilgerboom in die hoek van ons tuin, en die stories in my kop was maar nog altyd net daar. Ek het vir myself stories vertel voordat ek aan die slaap raak, of op die langpad af see toe. My jonger sibbe moes maar luister wanneerLees meer “Stories vir die siel”
Author Archives: Madeleine Venter
Hy wil jou raad gee
Het jy ook al gewens die Here wil in sekere situasies net ’n bietjie by jou kom sit en vir jou vertel wat om te doen? ’n Gedeelte in die Bybel wat my nog altyd fassineer, is ’n paar verse in Jesaja waarin dit voorkom asof die Here self die mense van ouds geleer hetLees meer “Hy wil jou raad gee”
Wie nie waag nie
Ek het derdeplek behaal in twee van die skryfkompetisies waarvoor ek verlede jaar ingeskryf het: RSG se Radiodrama-skryfkompetisie, met my drama Taaispul, en LitNet se wetenskapfiksiekompetisie, met my kortverhaal Die laaste diamant. Derdeplek is seker nou nie juis iets om oor huis toe te skryf nie, maar vir my persoonlik is dit ’n groot gebeurtenisLees meer “Wie nie waag nie”
Die jaar waarin alles verander het
My jaar kan in drie woorde opgesom word: Uitdagings, teleurstellings en verlies. Maar hierdie is nie ’n pitty-party nie, so ek gaan nie ’n lys deel van alles wat gebeur het nie. Weet net dat my hart meer as eenmaal uitgeruk is. Wat ek wel gaan deel, is dít wat ek geleer en geword het.Lees meer “Die jaar waarin alles verander het”
Dankie daarvoor
Liewe Pa Jy het eenkeer vir my vertel hoe jy, die dag toe ek gebore is, jouself moes inhou om nie by die venster uit te skree vir almal om te hoor: “Ek het ’n dogtertjie!” nie. Weet jy hoe baie daardie woorde vir my beteken het? Om te weet pa was bly en opgewondeLees meer “Dankie daarvoor”
Moenie net sink nie
Dis makliker om op te gee. Gaan lê is minder moeite as bly staan. Om verbitterd te wees kom meer natuurlik as om te vergewe. Hoe sterker die maalkolk is, hoe minder krag het jy om te bly spartel. Te bly staan. Te vergewe. En dan gee jy op. Ek glo persoonlik dat dit eenLees meer “Moenie net sink nie”
Hierdie tempel
Hierdie is een van daardie gedeeltes in die Bybel wat ’n mens so baie hoor, dat jy dit eintlik nie meer hoor nie.
Niks
Sy Woord kon mens word en onder ons kom woon – dieselfde Woord wat in die begin daar was. By God. Self God. Waardeur alles tot stand gekom het. Die lewe. Die Lig. Daardie Woord. Niks is vir God onmoontlik nie. God kon Homself offer vir sy skepping – die volmag om sy lewe neerLees meer “Niks”
Die mal plan
Een van my kortverhale wat opgeneem is in INK se bloemlesing.
View post to subscribe to site newsletter.
Drie gedigte
Hier kan jy my drie gedigte, wat in INK se bloemlesing opgeneem is hierdie jaar, lees …