Boeke was so deel van ons grootwordjare soos die ou wilgerboom in die hoek van ons tuin, en die stories in my kop was maar nog altyd net daar. Ek het vir myself stories vertel voordat ek aan die slaap raak, of op die langpad af see toe. My jonger sibbe moes maar luister wanneerLees meer “Stories vir die siel”
Category Archives: Aan die skryf
Wie nie waag nie
Ek het derdeplek behaal in twee van die skryfkompetisies waarvoor ek verlede jaar ingeskryf het: RSG se Radiodrama-skryfkompetisie, met my drama Taaispul, en LitNet se wetenskapfiksiekompetisie, met my kortverhaal Die laaste diamant. Derdeplek is seker nou nie juis iets om oor huis toe te skryf nie, maar vir my persoonlik is dit ’n groot gebeurtenisLees meer “Wie nie waag nie”
Die mal plan
Een van my kortverhale wat opgeneem is in INK se bloemlesing.
View post to subscribe to site newsletter.
Drie gedigte
Hier kan jy my drie gedigte, wat in INK se bloemlesing opgeneem is hierdie jaar, lees …
My skryfstorie
Vandat ek kan onthou is boeke en stories so deel van my soos die geboortevlekkie op my regterknie. Ek was van jongs af ’n ywerige leser en het, as die oudste van vier, my jonger sibbe vermaak met stories wat ek of vertel of uitgespeel het. Wanneer ons by my ouma-hulle op Middelburg gaan kuierLees meer “My skryfstorie”
Hartstaal
Vandag, 21 Februarie, is Internasionale Moedertaaldag. Hier is twee van my hartstaal gedigte. Die eerste gedig is verlede jaar opgeneem in Ink, Skryf in Afrikaans se bloemlesing, Inspraak 2. Mag jou hart steeds warm klop vir jou moedertaal. My hart klop in Afrikaans Van afkoms en tuiskoms, oor grense, het jy die woorde gaan haalLees meer “Hartstaal”
Toeskouers
Hierdie verhaal is verlede jaar gekies vir publikasie in Kreatio se kortverhaalbundel, Komieklike Kortverhale. Lekker lees 🙂 Toeskouers Milo hardloop oor die strand in die rigting van ʼn vinnig groeiende groepie mense langs die getypoel. Met my strooihoed in die een hand en my plakkies in die ander, hardloop ek benoud agterna. Wie weet waaromLees meer “Toeskouers”
Tjomma
Agt jaar gelede het my kortverhaal, Tjomma, in Vrouekeur verskyn. Dit was my eerste gepubliseerde kortverhaal en ‘n groot mylpaal in my lewe. Ek deel graag vandag die verhaal met julle. Lekker lees! Tjomma Die twee ou lywe sukkel met hulle trollie verby ongeduldige jongmense en is net mooi goed op pad na hulle motorLees meer “Tjomma”
Voorsmakie
Ek weet dit klink soos ʼn cliché, maar sonder dat ek dit so beplan, word elke gedig ʼn getuienis van God in my lewe. Hy is my God en ek behoort aan Hom. Daarom kan dit nie anders nie. Soos wat ek in my vorige plasing aangekondig het, is ek nou druk besig met gedigteLees meer “Voorsmakie”
Digter-drome
“Skryf jy ook gedigte?” is ek op ʼn keer al gevra. En my antwoord: “Nie juis nie.” Die waarheid is, ek is bang vir gedigte. Daar, dis uit, ek het dit bely! Waarom is ek bang vir gedigte? Wel, ek dink my rede is geldig. Gedigte stel jou genadeloos bloot. Jy spoeg jou siel uitLees meer “Digter-drome”