Agt jaar gelede het my kortverhaal, Tjomma, in Vrouekeur verskyn. Dit was my eerste gepubliseerde kortverhaal en ‘n groot mylpaal in my lewe. Ek deel graag vandag die verhaal met julle. Lekker lees! Tjomma Die twee ou lywe sukkel met hulle trollie verby ongeduldige jongmense en is net mooi goed op pad na hulle motorLees meer “Tjomma”
Category Archives: Aan die skryf
Nuwe publikasies, die storie agter die storie, foto’s, nuus, en sommer net allerhande dinge wat ’n kykie in my as skrywer se lewe gee.
Voorsmakie
Ek weet dit klink soos ʼn cliché, maar sonder dat ek dit so beplan, word elke gedig ʼn getuienis van God in my lewe. Hy is my God en ek behoort aan Hom. Daarom kan dit nie anders nie. Soos wat ek in my vorige plasing aangekondig het, is ek nou druk besig met gedigteLees meer “Voorsmakie”
Digter-drome
“Skryf jy ook gedigte?” is ek op ʼn keer al gevra. En my antwoord: “Nie juis nie.” Die waarheid is, ek is bang vir gedigte. Daar, dis uit, ek het dit bely! Waarom is ek bang vir gedigte? Wel, ek dink my rede is geldig. Gedigte stel jou genadeloos bloot. Jy spoeg jou siel uitLees meer “Digter-drome”
My kortverhaal in Huisgenoot!
Jare gelede, in 2014 om presies te wees, is ‘n kortverhaal van my vir die eerste keer in ‘n tydskrif gepubliseer. My hart het sommer baie warm geklop toe ek my storie “Tjomma” tussen die blaaie van die Vrouekeur sien. Laat ek net verduidelik waarom ek rede gehad het om die gebeurtenis te vier: DitLees meer “My kortverhaal in Huisgenoot!”
My boek
ʼn Pragtige, glansbladsy boek, met een en twintig van Blog vir Jesus se gewildste plasings! Uit Hom deur Hom tot Hom, uitgegee deur Biblaridion, kan direk by my bestel word. Voltooi net die kontakvorm onderaan hierdie bladsy of stuur ʼn e-pos na madeleinev1010@yahoo.com en sluit die volgende inligting asseblief in: ʼn Posadres en die hoeveelheidLees meer “My boek”