‘n Gewone engel, is opgeneem in Stories vir die siel wat uitgegee word deur LUCA Uitgewers.

Lees gerus die kortverhaal, Applous, wat op die kortlys was vir die Sandy Schoeman Kortverhaalprys en opgeneem is in die Klerksdorp Boekefeesbundel, Minder as Môre

Die laaste diamant is aangewys as derdepryswenner van die Langenhoven Gedenkfonds se wetenskapfiksiekompetisie.

Geroepe” is voorgelê om Afrikaans te vier onder die tema “Kyk hoe ver het ons gekom”. Dié inisiatief van PEN Afrikaans word ondersteun deur LitNet en moontlik gemaak deur Kruger Internasionaal Bate- & Welvaartbestuur. Hierdie fiksiekompetisie se tema sluit aan by een van die motiverings vir die Afrikaans Amptelik 100-veldtog.

My kortverhaal, Tjomma, het in die 17 Januarie 2014 uitgawe van Vrouekeur verskyn. Dit was my eerste gepubliseerde kortverhaal en ‘n groot mylpaal in my lewe.

Eerste kortverhaal in Huisgenoot! Tweede kanse: ‘n Wildvreemde man daag toevallig saam met haar op toe sy die tannie gaan soek wat sy so gemis het.

Sommerso: Eendag was dit net daar, die eensaamheid. Sommerso. Gelukkig is daar ander dinge wat ook sommerso gebeur.

Rooi katjiepiering: Om iemand se joernaal te lees is soos om in hulle siel rond te krap. Maar hoe anders moet Daniel weet aan wie dit behoort?

My kortverhaal, Toeskouers, is in Kreatio se kortverhaalbundel, Komieklike Kortverhale.

Een van die twee kortverhale wat opgeneem is in Inkspraak 3 se kortverhaalbundel is Die mal plan.