Het jy ook al gewens die Here wil in sekere situasies net ’n bietjie by jou kom sit en vir jou vertel wat om te doen? ’n Gedeelte in die Bybel wat my nog altyd fassineer, is ’n paar verse in Jesaja waarin dit voorkom asof die Here self die mense van ouds geleer hetLees meer “Hy wil jou raad gee”
Category Archives: Blog vir Jesus
My nuutste plasings asook ‘n paar van die plasings wat sedert 2015 op Blog vir Jesus se Blogspot-platform verskyn het, is nou hier te vinde.
Die jaar waarin alles verander het
My jaar kan in drie woorde opgesom word: Uitdagings, teleurstellings en verlies. Maar hierdie is nie ’n pitty-party nie, so ek gaan nie ’n lys deel van alles wat gebeur het nie. Weet net dat my hart meer as eenmaal uitgeruk is. Wat ek wel gaan deel, is dít wat ek geleer en geword het.Lees meer “Die jaar waarin alles verander het”
Dankie daarvoor
Liewe Pa Jy het eenkeer vir my vertel hoe jy, die dag toe ek gebore is, jouself moes inhou om nie by die venster uit te skree vir almal om te hoor: “Ek het ’n dogtertjie!” nie. Weet jy hoe baie daardie woorde vir my beteken het? Om te weet pa was bly en opgewondeLees meer “Dankie daarvoor”
Moenie net sink nie
Dis makliker om op te gee. Gaan lê is minder moeite as bly staan. Om verbitterd te wees kom meer natuurlik as om te vergewe. Hoe sterker die maalkolk is, hoe minder krag het jy om te bly spartel. Te bly staan. Te vergewe. En dan gee jy op. Ek glo persoonlik dat dit eenLees meer “Moenie net sink nie”
Hierdie tempel
Hierdie is een van daardie gedeeltes in die Bybel wat ’n mens so baie hoor, dat jy dit eintlik nie meer hoor nie.
Niks
Sy Woord kon mens word en onder ons kom woon – dieselfde Woord wat in die begin daar was. By God. Self God. Waardeur alles tot stand gekom het. Die lewe. Die Lig. Daardie Woord. Niks is vir God onmoontlik nie. God kon Homself offer vir sy skepping – die volmag om sy lewe neerLees meer “Niks”
Jy en jou boksie
Ons sien elkeen net ’n gedeelte, maar dink ons het alles gesien. Dan stry ons met mense wat ’n ander gedeelte gesien het. Intussen is nie een van ons verkeerd nie, maar nie een van ons is ook heeltemal reg nie.
Ek en Jesus is BFF’s
Dit gebeur mos partykeer so dat ’n versie wat jy al ’n duisend keer gelees of gehoor het, sommer net eendag skielik jou dink aan die gang sit. So was dit die naweek met my en Johannes 15:15 ‘Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie.Lees meer “Ek en Jesus is BFF’s”
Doelbewuste meesterstuk
Dis besig om uit te werk. Daardie plan van God wat Hy vir jou lewe het. Daardie plan waarvan Hy praat in Jeremia 29:11. Eintlik was dit nog altyd besig om uit te werk. Selfs daardie kere wat dit nie vir jou so gevoel het nie. Want, Hy het ’n doel met jou en HyLees meer “Doelbewuste meesterstuk”
Dis die minste
Job wou antwoorde hê. Hy wou weet waarom hy so swaar moes kry terwyl hy nog altyd net goed en reg voor God gelewe het. Sy drie vriende het beweer dat God besig was om hom te straf, maar Job het vol gehou dat hy sonder sonde was en nie verdien het om gestraf teLees meer “Dis die minste”