\'n Hoopvolle begin

Ek wonder partykeer waarom mense nou juis die begin van ʼn nuwe jaar vier. Waarom bly ons wakker tot middernag toe, net om te kan se: “Voorspoedige Nuwejaar!” en ʼn glasie te klink? Dalk het dit baie met hoop te doen. Ons hoop dat hierdie jaar beter as die vorige een sal wees. Voor onsLees meer “\'n Hoopvolle begin”

Herders

“Herders op die ope velde, het die nag die eng’lekoor, met die blye evangelie, uit die hemel aangehoor…” Hoekom juis die herders? Hoekom nie “die hoëpriester daar in die tempel, het die nag die eng’lekoor…” of “die baie geleerde fariseër” of “koning Herodes op sy troon…” nie? Dit was immers ʼn baie belangrike gebeurtenis virLees meer “Herders”

Hoe oud is jy?

Ek het onlangs ʼn interessante vraag gelees: “How old would you be, if you didn’t know how old you are?” As jy nie ʼn idee gehad het in watter jaar jy gebore is nie en daar was niemand om vir jou te sê hoeveel verjaardae jy al gehad het nie. Hoe oud sou jy gedinkLees meer “Hoe oud is jy?”

Prysuitdeling

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Prysuitdelings. Dit is die tyd waarin ʼn mens vir twee ure op ʼn harde saal stoel sit en wag vir jou kind se naam om uiteindelik gelees te word. Jy is so besig om te wonder waarvoor sy ʼn prys gaan kry, dat jy nie juis luisterLees meer “Prysuitdeling”

\'n Brief aan my kind

My liewe kind… ʼn Nuwe emosie het in my wakker geword, die eerste keer wat ek jou hartjie hoor klop het. Dit is ʼn emosie wat ek nie voorheen gehad het nie, maar wat saam met jou groter en sterker gegroei het. Nou is dit so deel van my dat ek nie kan onthou hoeLees meer “\'n Brief aan my kind”

Brood van die lewe

C.S Lewis het gesê: “You don’t have a soul. You are a Soul. You have a body.” Ek het onlangs die boek, 90 minutes in heaven, deur Don Piper, gelees. Hy het ʼn baie ernstige motorongeluk oorleef nadat ʼn dominee in die wrak van sy motor geklim en vir hom gebid het. Hy was eintlikLees meer “Brood van die lewe”

Altyd betyds

“Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,” Inderdaad meneer Leipoldt. ʼn Maand om oor te dig! Uiteindelik is alles weer groen en mense seLees meer “Altyd betyds”

\'n Woord

Liefste God… Daardie lem weet presies waar my siel eindig en my gees begin. Die lem van U stem. Ek het nie eens geweet daar is so ʼn plek nie. Maar U lem het hulle netjies van mekaar geskei. En toe, net soos wat Lasarus uit die graf uit geroep is, word my gees geroep.Lees meer “\'n Woord”

\'n Brief aan Ma

Liewe Ma… Om vier kinders te kan groot maak moet ʼn mens hare op jou tande hê. Want elke kind is ʼn klein beginner-mensie. Dis moeilik genoeg om een beginner-mensie in die regte rigting te stuur. Hoe doen ʼn mens dit met vier? So hierdie is ʼn dankie-sê-brief. Dankie vir die Bybel stories en dieLees meer “\'n Brief aan Ma”