Dis eenvoudig. Daar hoef nie lang stukke daaroor geskryf te word nie. Dis nie moeilik om te verstaan nie. Dit is doodeenvoudig net woorde wat gelees moet word en dan moet wortelskiet in jou hart. En as dit nodig is om dit weer en weer en weer te lees omdat die saadjie op harde grondLees meer “Eenvoudig”
Category Archives: Blog vir Jesus
My nuutste plasings asook ‘n paar van die plasings wat sedert 2015 op Blog vir Jesus se Blogspot-platform verskyn het, is nou hier te vinde.
Om te dink
“Gee my tyd om daaroor te dink” Ja, dit is moontlik om vinnig op jou voete te dink en te reageer. Dit is egter daardie tipe dink wat tyd nodig het waaroor ek vandag wonder. Daardie diep-en-lank-tipe-dink. En ek wonder… wanneer laas het ek tyd gemaak daarvoor? In my jonger dae kon ek vir ureLees meer “Om te dink”
En ons wag…
En so wag ek al weer. Nog steeds. Dit voel soms vir my asof ek my lewe om wag. Ek het iewers gelees dat matrose briewe onder ʼn klip ‘gepos’ het voor Jan van Riebeeck se tyd. Die skepe wat dan op hulle roete na en van Indië af hier stop, sou die briewe vatLees meer “En ons wag…”
Jou lewe is ‘n droom
Het jy al ooit daaraan gedink dat jy besig is om iemand se droom te leef? Selfs al voel jou lewe nie soos ʼn droom nie, vir iemand anders sou jou lewe die wonderwerk gewees het waarvoor hulle bid. Dit klink nou alles baie soetsappig en nogal bietjie soos ʼn cliché, ek weet. Maar ditLees meer “Jou lewe is ‘n droom”
Plant daardie saadjie
So ‘n paar jaar gelede word ek en my man albei ernstig siek – voedselvergifting. Ek was gedehidreer en moes dringend by ‘n hospitaal uitkom. Omdat my man self ook siek was, het my broer ons hospitaal toe gery. Op pad sê hy: “Madeleine, ek weet dit voel vir jou asof jy gaan doodgaan, maarLees meer “Plant daardie saadjie”
Ek is nie bang nie
“Daar sit baie meer agter hierdie storie as wat ons dink.” Ja, dit is dalk so. Daar sit miskien meer agter hierdie storie as wat ons ooit sal kan raai. Of, miskien is dit maar net nog ʼn vervalle-wêreld storie. Wie weet? Wat ook al die geval mag wees, ek is nie bang nie. WantLees meer “Ek is nie bang nie”
Geanker in die Hemel
Ja, daar is storms op hierdie see van my lewe. Ek weet egter waar my siel geanker is. Hebreërs 6:19-20 sê: “Hierdie hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens dieLees meer “Geanker in die Hemel”
Passop vir die mos-feite
Ons almal ken dit goed. Die mos-feite. Hulle klink min of meer so: “Daardie persoon is mos eintlik van die pad af…” “So en so se huwelik is mos op die rotse…” “Daardie kerk is mos eintlik besig met dwaalleer…” “Die covid-intenting is mos eintlik die merk van die dier…” “Daardie pastoor het mos jareLees meer “Passop vir die mos-feite”
Sodat jy bly kan wees
Ek is seker daarvan dat almal met kinders weet hoe lekker dit is as jou kind bly is oor iets. Dit is dalk ‘n spesiale verjaardag geskenk, ‘n uitstappie waarna al lankal uitgesien is, of ‘n kuier by iemand wat vir jou kind baie beteken. As ouers, is dit vir ons belangrik dat ons kindersLees meer “Sodat jy bly kan wees”
Wees produktief
Net soos jy, bevind ten minste ʼn derde van die wêreld se populasie hulle tans in die een of ander staat van inperking. Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar… so ʼn staat van inperking is ʼn ernstige uitdaging vir die meeste van ons. Dit mag dalk vir jou voel soos die einde vanLees meer “Wees produktief”