Ek het hierdie jaar weer deelgeneem aan INK se dig- en skryfkompetisie. Hierdie keer was ek dapper, en het ek sommer drie gedigte en twee kortverhale ingestuur. Al drie gedigte en die twee kortverhale is opgeneem in die twee bloemlesings: Inkspraak 3 – Kortverhale en Inkspraak 3 – Volwasse Digters. Ek het ook ’n eervolle vermelding vir die kortverhale ontvang.
Aangesien ’n paar mense my nou al gevra het, het ek dit goedgedink om dit op my blog te plaas vir die wat graag my inskrywings wil lees. Deelnemers word darem toegelaat om hulle skryfwerk, wat in die bloemlesings opgeneem word, ook elders te publiseer.
Vandag gaan ek die drie gedigte hier plaas. Binnekort volg die twee kortverhale om die beurt.
Hoop jy lees lekker …
behoort in die skadu waar ek skuil van Sy vlerke kan ek huil kan ek woedend hardop skree selfs my diepste hartseer gee waar ek stil kan word sit terug met geen woorde net ʼn sug
hier is ek dis hoe ek lyk dis wat ek doen dis wie ek is ek gaan nie minder ék wees vir jou nie want sien ek’s meesterstuk in wording wyl my Skepper oor my sing
weggesteek nee, jy weet nie hoe my dink vasdraai soos stywe gewrigte en ek nie weet wat om te bid nie jy verstaan nie hoe alleen mens voel wanneer pyn kom saamstap en by jou bly en langs jou sit nie ook weet jy nie dat my hart kan huil terwyl ek glimlag en vir jou sê: ‘Ja, als gaan goed,’ nie
Laat ‘n boodskap