Ek is bly!

Ons almal ken Filippense 4:4, want hy sing so lekker. Maar wat beteken dit nou eintlik om jou in die Here te verbly? Hoe vind jy jou vreugde in God en hoe kan jy altyd bly wees? Ek dink aan Ps. 37:4: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jouLees meer “Ek is bly!”

Alles tot die eer van God

“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. Al die gebooie; jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie, of watter ander gebod daar ookLees meer “Alles tot die eer van God”

Alles tot die eer van… myself

Waarom steel mense by mekaar? Waarom bedrieg mense mekaar? Waarom is hulle afgunstig, skinder hulle en word egbreuk gepleeg? Waarom respekteer hulle nie mekaar nie? Waarom moor hulle? Waarom word mense kwaad vir God? Verloën hulle Hom? Vergeet hulle Hom? Ontken hulle Hom? Want sonde kan opgesom word in een woord: Self-eer  “Dit is myLees meer “Alles tot die eer van… myself”

Nuttelose wapens

Was jy ook al in ʼn situasie waar die een na die ander krisis opduik wanneer jy dit die minste nodig het? Of, partykeer voel dit net asof die een slegte ding na die ander met jou gebeur. Soms is hierdie krisisse net groot genoeg om jou behoorlik te irriteer, maar baie keer is ditLees meer “Nuttelose wapens”

Krag in gebed

Bid. Dit is ʼn woord wat Christene goed ken en maklik gebruik. “Bid asseblief vir so en so.” “Ek sal vir jou bid.” “Kom ons bid saam.” As jy in ʼn Afrikaanse, Christen huis groot geword het, was dit deel van jou grootword taal. So deel van ons taal is die woord ‘bid’ dat onsLees meer “Krag in gebed”

Met die grootste liefde

Liefste God… Here Jesus. Ek is so lief vir U. Met ʼn liefde wat my hart vol maak en oor my lippe stroom. Strome van lewende water. Kan my liefde met U liefde vergelyk word? Dit oorweldig my. U liefde. Onvoorwaardelik. Onbeskryflik. U het toegelaat dat U heilige bloed op die grond val. Dorstig ingesuigLees meer “Met die grootste liefde”

Al my familie

In een van The Gospel daily se dagstukkies , het ek iets gelees wat my laat dink het en wat ek graag met julle wil deel. Dit gaan oor familie. Almal van ons ken die sêding: “Jy kan jou vriende kies maar nie jou familie nie.” Ja, dit is waar. En dit is ‘n lekker sêding omLees meer “Al my familie”

Wortels

“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor…” is nie net ʼn Afrikaanse spreekwoord nie. Dit staan in die Bybel (Mat 12:33-35). Dit is iets wat Jesus gesê het. En dit beteken meer as net mooi praat of vloek. Jy sien, in jou hart lê die wortels.  Goeie-boom-wortels, of slegte-boom-wortels. Dalk selfs al twee.Lees meer “Wortels”

Onverklaarbaar

Ons hond kan glad nie verstaan waarom sy agter ʼn toe hek moet bly nie. Waarom ons haar aan ʼn halsband sit vir ons weeklikse stappies, waarom sy moet sit, lê, bly en los en waarom daar kort-kort ʼn uitstappie na die veearts moet wees nie. Nog minder kan sy verstaan dat al hierdie onverklaarbareLees meer “Onverklaarbaar”

\'n Uitdaging

Ja, daar is slegte nuus. Ek het nie nodig om jou in te lig nie. Lees die koerante… Groot ekonomiese probleme. Moordenaars. Terroriste. Bedrieërs. Onregverdige besluite. Bespotting. Afpersing. Wag, ek weet jy wil sommer nou ophou lees. Maar hierdie is nie ʼn “O! Help ons tog! Wat gaan van ons word?” blog nie. Nee, ekLees meer “\'n Uitdaging”