Skaperjolle – Vrug van die Gees

Timmy en Sonia is twee vrolike lammetjies wat deel is van die Goeie Herder se trop skape. Soos die meeste klein skapies, geniet hulle dit om te speel en ontdek. Kom deel in hulle pret terwyl hulle Bybelse beginsels leer deur elke dag se kaperjolle.

Deur hierdie boek leer kinders kosbare lesse oor die Vrug van die Gees uit nege verskillende saamleesstories. Elke storie eindig met besprekings, vrae of gedagtes, asook ‘n relevante Bybelvers. Die ideale bron vir gesins-Bybelstudie.

Skaperjolle – Spreuke

Timmy en Sonia is twee vrolike lammetjies wat deel is van die Goeie Herder se trop skape. Soos die meeste klein skapies, geniet hulle dit om te speel en ontdek. Kom deel in hul pret terwyl hulle deur elke dag se kaperjolle Bybelse beginsels leer.

Deur hierdie boek leer kinders bekende Spreuke uit vyf verskillende saamleesstories. Elke storie eindig met besprekingsvrae of gedagtes, asook ʼn relevante Bybelvers. Die ideale bron vir gesins-Bybelstudie.

BOEKVERSLAG

BOEK: Skaperjolle – Vrug van die Gees / Spreuke

SKRYWER: Madeleine Venter

UITGEWER: Madeleine Venter, 2021

ISBN: 978-1-77628-257-9

GENRE: Christelike Kinderverhale

RESENSENT: Annalize Hills

Madeleine Venter is ‘n Christen- Skrywer. In Januarie 2014 verskyn haar kortverhaal, Tjomma, in Vrouekeur. Desember 2016 gee sy die boek, Uit Hom, deur Hom, tot Hom uit. In 2019 verskyn haar debuut roman The Grace Song en kort daarna volg twee kinderboeke, Little Lambs learning about Fruit of the Spirit en Little Lambs learning some Proverbs. Na vele navrae word hierdie twee boekies in Afrikaans vertaal, nadat dit in 2015 reeds geskep is.

“Stories skep verbeelding, verbind ervaring en kinders se nadink oor die lewe en vorm sodoende denke en waardes.”

Skaperjolle- Vrug van die Gees, is ‘n lieflike kinderboek, wat die Woord van God op ‘n besonderse wyse oordra. Die karakters Timmy, Sonia en ander skapies soos Rowwe Rammetjie, asook Oupa Ronald en die Goeie Herder, word hier ingespan om op verskillende wyses stories aan klein oortjies te vertel, wat graag na stories luister. Die verskillende verhaaltjies wissel van ongehoorsaamheid, liefde vir almal en vele meer.

Skaperjolle – Spreuke – in hierdie boekie, wat baie mooi inskakel by, Vrug van die Gees, is dieselfde karaktertjies weer teenwoordig. Hier leer klein oortjies meer van die boek Spreuke. Vriendelike woorde, Die Wyse Herder en die Verlore Stem is hier teenwoordig.

Die omslag van hierdie twee boekies is pragtig en prikkel die leser se aandag. Dit is ‘n puik verteenwoordiging van die verhale van die twee boekies. Die tekeninge by elke verhaal is kleurvol en vrolik en komplimenteer elke verhaal. Die verhale word in ernstige, maar ook ligte trant vertel. Die taalgebruik is baie goed en verstaanbaar vir alle klein oortjies, asook jong lesers wat self kan lees. Die skrywer kry dit reg om op ‘n ongelooflike manier, die Woord van God, oor te dra aan jong kinders. Ek het die twee boekies geniet, ten spyte daarvan dat dit vir kleine oortjies is.

Dit is verreweg keurige boekies wat die moeite werd is om aan te skaf en te geniet.- Annalize H

Annalize Hills