Droogte
Ek is dors.
Maar jy is nie.
Om my hart ‘n rou kors.
Maar jy bly hier.
Wat drink jy?
Daar is droogte!
Waar kan ek water kry
deur die breë poorte?
Jy’s ‘n boom
by water strome.
Ek volg net ‘n droom.
Het al baie krone.
 Ek bly dors.
Jy hou aan bot.
My hart is ‘n gemors.
My vrugte is vrot.
Ek kort water.
Jy is nog hier.
Moenie wag tot later!
Het Iemand jou gestuur?
‘n Nou poort.
So lei jy my.
Gered van ‘n sieledood.

Die droogte is verby.